Stukkie van my is vanaand nie meer met my, stukkie van my is by jou
Stukkie vir stukkie maak my deurmekaar, stukkie vir stukkie onthou
Hoor jy my woorde sien jy my hart, stukkie vir stukkie het jy dit gevat
Voel jy my trane leef jy my smart, stukkie vir stukkie apart
Haal diep asem
Asem uit
Vou my arms stywer en stywer en stywer om my
Nog een keer
In en uit
Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby
En dalk more
Is als ok, maar vir nou
Soek die stukkie van my nog na jou
Asem in
Asem teen die pyn
Asem in
Asem teen die pyn
Stukkie van my het verdwaal in jou hande, stukkie van my het vergeet
Stukkie vir stukkie brand jy al my lande, stukkie vir stukkie ek weet
Hoor jy die smeke sien jy die hoop, stukkie vir stukkie het jy weg geloop
Voel hoe ek bewe raak aan my seer, stukkie vir stukkie nooit weer
Haal diep asem
Asem uit
Vou my arms stywer en stywer en stywer om my
Nog een keer
In en uit
Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby
En dalk more
Is als ok, maar vir nou
Soek die stukkie van my nog na jou
Asem in
Asem teen die pyn
Asem in
Asem teen die pyn
Stukkie van my is vanaand nie meer met my
'n Stukkie van my is vanaand nie meer met my