Smag na rus en vrede, gee my lewe rede, as ek kyk in jou oë
Wil ek in drome kan glo
En as die stad my los en my niks sal kos nie, soek ek
'n Huisie in die bos
Ek loop 'n tweespoor pad
Saam met jou in my hart, lei my na dorre lande met eerlike hande
En ek wil saam jou ruik
En ek wil saam jou kyk, ek's weer tuis in my huisie in die bos
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê waar jy my kan vind
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê, in die sand soos 'n kind
Ek wil hier 'n huis in die bos hê

Sit en luister jou klanke, soek die son teen die rante waar vriende kom sit wat saam vir reën kan bid
Sal ons paaie weer kruis en my siel vind sy huis, ek sal altyd my hart hier los
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê waar jy my kan vind
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê, in die sand soos 'n kind
Ek wil hier 'n huis in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê waar jy my kan vind
Jy's die sout as ek dors is, die servet as ek mors, jy's die reuk in my hare van droëhout se jare
Gooi jou water in damme, gooi my toe in jou vlamme, ek sal altyd my hart hier los
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê