Ek't haar nie gevra
Om 'n doring kroon te dra nie
Ek vra by haar 'n nuwe dag
Warm liefde teen die nag
Ek bring 'n pêrel en gee vir haar
En slaan vir haar 'n drom
Aai my lam my goue blom
As sy voet na my toe kom
Pamperlang die bitter bang
Pamperlang die groot verlang in my
O my baby, baby, baby bly by my
O pamperlang die bitter bang
Pamperlang die groot verlang in my
Hey my baby, baby, baby bly by my
Onbekende bekende
Bekende vreemdeling
Net twee skepsels wat vir mekaar
'n Stukkie reënboog bring
Die nag is wyd en ons is klein
Die aarde groot my lam
Ons loop die paadjie eenmaal
Om 'n brokkie geluk te vang
Pamperlang die bitter bang
Pamperlang die groot verlang in my
My baby, baby, baby bly by my
O pamperlang die bitter bang
Pamperlang die groot verlang in my
Hey my baby, baby, baby bly by my