LyricsTranslator Logo

Land In Die Suide

David Fourie

  • Available translations: No translations yet
  • Original spelling: Afrikaans
  • Views: 11
  • Duration: 02:54
Afrikaans
Land in die suide, joune en myne
Hier lê ons harte hier waar ons bly
Land in die suide met sy skete en pyne
Hier bou ons 'n toekoms vir jou en vir my

Ken jy Tafelberg, Bloemfontein se kou?
Ken jy Stellenbos se son en die Bosveld lug so blou?
Ken jy Tant Mossie, die askoek en die riel?
Ken jy Shaka Zulu en die ossewa se wiel?

Land in die suide, joune en myne
Hier lê ons harte hier waar ons bly
Land in die suide met sy skete en pyne
Hier bou ons 'n toekoms vir jou en vir my

Ken jy die Heksrivier met Stilbaai se verlang?
Ken jy die twee twee vier en 'n oggenddiens se sang?
Ken jy die gumboot en die toyi-toyi se kreeds?
Ken jy jou plek in hierdie land se lief en leed?

Land in die suide, joune en myne
Hier lê ons harte hier waar ons bly
Land in die suide met sy skete en pyne
Hier bou ons 'n toekoms vir jou en vir my

Ken jy yebo en 'n squeeza se eish?
Kleintyd saam met Tshepo as ons draadkar voor die res
Ken jy Marabastad en Graaff-Reinet se kerk?
Ry jou pa soos 'n taxi en het hy nog steeds sy werk?

Ken jy die Mooirivier en 'n oom wat lelik praat?
Ken jy van muti en 'n ou boereraad?
Ken jy vir Trompie en die Boksombende?
Hou jy nog jou woord en weet jy waar jy behoort?

Hier in die suide, joune en myne
Hier lê ons harte hier waar ons bly
Land in die suide met sy skete en pyne
Hier bou ons 'n toekoms hier om te bly

Land in die suide met sy skete en pyne
Hier bou ons 'n toekoms vir jou en vir my
Ek is hier om te bly
No translation found for this song!
Submit translation

Written by: MARIUS NELIS BROUWER, NIEMAND JOHANNES JORDAAN

Lyrics © O/B/O CAPASSO

Share your thoughts on Land In Die Suide

0 comments

FAQ

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Sed iaculis dolor urna, vitae porttitor magna fermentum in. Nunc nec rutrum velit. Praesent fermentum arcu sed turpis aliquet.
Interdum et malesuada fames ac ante ipsum primis in faucibus. Quisque viverra elit nec blandit vestibulum. Curabitur tortor orci, convallis nec aliquam et, convallis sed tortor.
Suspendisse tincidunt sem tellus, ac finibus neque feugiat a. Nam consequat efficitur sem vel fringilla. Etiam interdum, est vel imperdiet sodales, felis turpis ornare turpis, vel ornare elit dolor vitae purus. Pellentesque vel hendrerit ante. Aenean egestas, odio at porta euismod, velit nulla hendrerit felis.
Proin quis massa ac urna sagittis imperdiet a non massa. Sed risus massa, aliquet ac gravida a, rhoncus in metus. Orci varius natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus.
Read more
© Copyright 2024 LyricsTranslator.com